Toe ek nog ‘n kind was…

‘n Foto van my, toe ses jaar oud, geneem in die Karoo saam met ‘n donkie. ____________________________________________________________________________________________ “Toe ek nog ‘n kind was…”  Woorde wat elke kind van my generasie daagliks by grootmense hoor.  Ouma vertel my hoe sy as jong vrou vir slegs twee rand ‘n hele trollie vol kruideniersware kon koop.  Mamma sê…

Miya-se-Babbel-Bek-Flop

Sjoe, ek voel skuldig.  Ek’t maande laas geblog.  Maande!  Maar dis oukei.  Dit was besig- en by besig bedoel ek, soos oupa sal sê,  ‘kry-nie-tyd-om-te-poep-nie’ besig.  Dit klink dalk vreemd, maar dis die waarheid.  Deur die jaar kry mens nooit tyd vir kuier saam die niggies en nefies, oorslaap by vriendinne of deurnag nie.  Maar…

10 Kleine babatjies

“Mamma!  Mamma!  Kom kyk, maak vinnig!  Nee, daar is nie nou tyd om gou vir Tante Sara te bel nie.  Nou!”  Mamma kom haastig aangehardloop en lyk bekommerd.  “Wat het gebeur?  Het iemand seergekry?”  vra sy met ‘n frons.  “Nee man, Mamma!  Kyk!”  Ek beduie met my wysvinger na die hok se kant toe.  Twee…

SNOT

Ha-a-a-a-aaaaa…. TIIIIIEEEEESSSSSJJJJOOOOEEEE!  Elke nou en dan ‘n gesnuif-snuif, ‘n erge, onophoudelike gehoes en ‘n neus wat PPLURGHH! geblaas word.  Dis nou ons huis hierdie.  Luka was vir 2 weke in die bed met ‘man-flu’ (griep), mamma kort op sy hakke, ook vrot in die bed, met ‘mom-flu’, Jaime wat so pap en hees is en dan ek,…

Piper

Ons almal het al verby ‘n huislose brakkie gery.  Maer, ribbes wat uitsteek, bang.   Maar hierdie geval is heeltemal anders. Tannie Corli, a.k.a. Tannie Kat, ons buurvrou, het ‘n hart van goud!  Meeste mense ry net verby verwaarloosde diere, maar DIE tannie, NOOIT.  ‘n Rustige Saterdagmiddag in die middel van die vakansie, en tannie Kat…

#Protes – Ek sou kon doen met ‘n ekstra naweek-dag!

Uhm, nee.  Dit werk nie so nie.  Nee.  Beslis nie!  Regtig?  Ek het skaars begin ontspan, toe’s dit Maandag.  Hmph…  As daar nou nog iets behalwe mishandelde diere en beseerde voëltjies op my grieflysie is, is dit nou die naweek wat net twee dae lank is.   Kan Maandag nie ook maar deel wees van die…

#Protes – Voëlvry

Elke keer as ek ‘n beseerde voëltjie sien, wil ek hom red.  Ek sit my hart daarop dat ek hom eendag gaan kan vrylaat, maar ons almal weet dat dit nie altyd die realiteit is nie.  Meeste kere gaan die dingetjie dood, al het jy jou bes probeer om hom te red.  Maar dit beteken mos…

#Protes – Spaar honde se lewens!

  Ek loop deur die raserige, elle lange ry vol mishandelde of beseerde honde.  Hulle kyk diep in my oe, dit voel amper asof hulle deur my kan sien.  Hier en daar tjank of blaf ‘n eensame ou honne, hy mis sy baas baie.  Maar daai arme ding se baas mis hom NIE.  Hy het…

#Protes – Waarom Renosterstropery my NAAR maak!

  Dis sommer ‘n klomp tjol.  Ek meen, regtig?  Daar is nie ‘n manier wat ‘n pragtige, onskuldige dier soos die renoster se horings ‘medisyne’ kan wees nie…  Die renoster – diep, donker oë, groot, sterk lyf, en ‘n rustige, majestieuse geaardheid.  So onskulidig, met hulle plooie so mooi…  Wie op aarde is simpel genoeg…

#Protes – Speeltyd is leertyd.

Ek weet, ek weet.  Op die boonste foto lyk my kleinsus, Jaime soos ‘n vreemde soort apie uit Brasilië of so iets.  Maar daar is ‘n baie goeie rede hoekom sy soos ‘n apie uit Brasilië lyk.  Dis ‘n heerlike Vrydagmiddag en ek en Jaime gaan buitentoe om op die springmat te spring.  Dis skaars…

#Protes – Eksamens is ALLES behalwe plesierig…

Die eksamen lê vir ons en loer.  Alweer.  As jy my vra wat ek die volgende paar naweke gaan doen, het ek net een word om vir jou te sê.  En daai word, my vriend, is: leer.  Leer, leer, leer, leer, leer en nog… leer.  Vir elke graad 6 kind lê die Junie-eksamen soos ‘n berg…

Pepper – opregte Nederlandse Dwerg hasie te koop!☻

Soos ek in een van my vorige artikels genoem het, het my opregte Nederlandse Dwerg hasies 3 kleintjies gekry.  Pepper (sien foto bo) is so ‘n pragtige hasie, hy het die mooiste ooiste potblou ogies… hy is pikswart met spierwit merkies op sy gesiggie. Hy is absoluut perfek! Al wat nou kort, is sy eienaars en huis……