Toe ek nog ‘n kind was…

Picture1

‘n Foto van my, toe ses jaar oud, geneem in die Karoo saam met ‘n donkie.

____________________________________________________________________________________________

“Toe ek nog ‘n kind was…”  Woorde wat elke kind van my generasie daagliks by grootmense hoor.  Ouma vertel my hoe sy as jong vrou vir slegs twee rand ‘n hele trollie vol kruideniersware kon koop.  Mamma sê sy mis die dae toe haar enigste bekkomernis was dat haar Oupa, Blommetjie die koei, se melk direk in haar mond moes spuit en asseblief tog net haar oë moes mis.  Pappa sê dat hy biblioteek toe moes ry met sy fiets om vir ‘n taak inligting te versamel uit boeke, en dat Google toe nog nie eers bestaan het nie.

Al het ek nie daardie tye eerstehands beleef nie, mis ek dit.  Ek was nie daar nie, maar vreemd genoeg soek ek dit terug.  Die goeie ou dae…  Vandag se dae is nie SLEG nie.  Maar dis verseker ook nie goed nie.  Kinders wat heeldag voor die TV lê, Instagram-mal is, sofapokkels en rusbankaartappels is, en nooit daglig sien nie.  Wat het geword van heeldag buitespeel en poetse op die buurman bak?   Nou trek almal die gordyne toe en lê heeldag en wegkruip in kuberruimtes.

My oupa Johan – wys en saam met dit baie grys – het vir my ‘n storie vertel van toe hy my ouderdom was.  Hy was ‘n stout en lewenslustige seun wat skoor gesoek het met almal – veral met sy twee sussies.  Hy het die voorreg gehad om elke oggend met ‘n donkiekar skooltoe te ry.   Een oggend stop die donkie sonder enige waarskuwing mosrsood, soos net donkies kan doen.  En hy weier om ‘n tree verder te gee.  My oupa het nie eers twee keer daaroor gedink nie en trek toe moedswillig die steeks donkie se stert.  Dit was die grootste fout van sy lewe…    Die liewe donkie het my oupa en sy sussies net daar  van kop to tone betjorts!  Daar was nie ‘n enkele skoon kol op hulle lywe nie!  Natuurlik het hulle skool gemis daardie dag – tot my Oupa se verligting.

Oupa het in die Klein Karoo grootgeword.  Elke keer as hy oor sy dae as kind praat en die Karoo vir my beskryf, is dit asof hy ‘n kunstenaar met woorde is – hy verf ‘n pratige portret in my kop.   Die stof en volstruise orals, die groot plaashuis met plankiesvloere, olyfboorde en wingerde met die soetste druiwe, sonsondergange in skakerings van pers en oranje en lug so vars dat dit jou oë laat traan.

Ek het darem al die Karoo self kon beleef as ons daar oorslaap oppad see toe.  Dit kon inasem, voel en ruik.  My Oupa het gemaak dat ek verby die kilometers klippe en vaal kyk en die mooi raaksien wat die Karoo met sy Katbos en Kambro bied.

Verruil vandag tyd voor jou Playstation vir ‘n kuier by jou Oupa of Ouma, en luister na die stories van toe hulle kinders was.  My ouma-grootjie het altyd gesê sy wens daar was ‘n manier om te weet jy’s in die goeie ou dae, voordat jy dit verlaat.  Jy weet nooit – miskien is vandag die ‘ou dae’ waarvan ons generasie ons kinders eendag gaan vertel…

Advertisements

5 Comments Add yours

  1. dromer777 sê:

    Reblogged this on Geloof droom skryf and commented:
    Miya jy skryf so oulik ek moet dit deel!

    Like

  2. travel460 sê:

    So lekker hier by jou gelees. Ek stem saam, daar is defnitief tye wat ek ook mis van toe ek nog ń kind was.

    Like

  3. Toortsie sê:

    Ek het as kind so na my oumase stories geluister en gewonder of ek ook eendag stories gaan hê om te vertel. Ek het. Ons ís in die ‘goeie ou dae. ‘
    Dankie, ek het lekker gelees.

    Like

  4. Positief sê:

    Ek dink daar is goeie en slegte in elke era. Ek onthou ook hoe ek biblioteek toe gery het op my fiets om ‘n taak te doen en dan is al die boeke uitgeneem. LOL

    Like

  5. Ek ook nou lekker gelees en terug verlang……….

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s